CLANWILLIAM SKOU



 

 
Geagte Vertoner,

 

 Langs hierdie weg wil ons u graag uitnooi na Clanwilliam skou vanaf 10-12 April 2014.  Dit is vir ons ‘n voorreg om deel te vorm van hierdie skou se bestuur, want Clanwilliam is vanjaar 200 jaar oud.  Gesien in die lig van hierdie feit wil ons as perde koördineerders vir ons ‘n mikpunt stel om 100 perde by ons skou te kry. 

 

Ons wil u graag uitnooi om enige insette vir ons te gee in ag genome 2013 se skou.  Deur u sienings, voorstelle en bydraes kan ons net verbeter en wil ons ook graag die skou met sukses aanbied. 

 

Riana du Toit het bedank as mede koördineerder van die perde en is Zena Burger in haar plek gekies.  Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om vir Riana dankie te sê in tye waar sy alleen moes regop staan en het sy ook aan ons die versekering gegee dat sy nog altyd vir ons sal help waar sy kan.  Sy is tans woonagtig te Franschoek.

 

Ook wens ons met hierdie korrespondensie om vir u meer inligting te gee waarna ons strewe om die reëlings vir u as vertoner en vir ons as bestuur te vergemaklik.

 

Alle stal besprekings sal deur Zena Burger hanteer word en is haar besonderhede as volg:

 

Kontaknommer:  072 712 1512

E-Pos adres     :  zena.raad@gmail.com

 

In gevalle waar u dalk nie vir Zena kan kontak nie, is u welkom om hierdie kantoor te skakel of Paul Nieuwoudt en is die besonderhede as volg:

 

Kontakpersoon:  Heinie Nieuwoudt

Kontaknommer:  027 2134 337

Faksnommer    :  027 2134 331

Sel nommer     :  084 253 2455

E-Pos adres     :  heinie.nieuwoudt@sfpadvice.co.za

 

Of

 

Paul Nieuwoudt -  083 644 8740 

 

 

 

 

 

Ons visie om 100 perde na hierdie skou te bring sal impliseer dat ons van gehuurde stalle gebruik moet maak.Ek wil graag u uitnooi om ons vroegtydig te kontak met die doel om ‘n aanduiding te kry wie ons skou sal bywoon.

 

Indien ons by hierdie reëling kan hou, sal dit ons in staat stel om beter te kan beplan soos vir bv. addisionele stalle, ens.  Ook verneem ons graag van u wanneer u beplan om te arriveer.

 

Inskrywingsgelde gaan R 50 per klas wees en ledegeld R 50 soos die tariewe van 2012 se skou beloop het en is die bankbesonderhede as volg: (Indien u die geld sou vooraf inbetaal in ondergenoemde rekening, is dit belangrik dat u ‘n verwysing bv. Stal of u naam bysit en die bewys daarvan hou)

 

BANK                          :  Standard Bank

TAK                             :  Clanwilliam

TAKKODE                   :  050-106

REKENING NAAM      :  CLHT

REKENING NOMMER:  082 170 797   

 

 

Ek wil graag weereens dit beklemtoon dat ons wil probeer om alle perderasse en eienaars te akkommodeer.  Daarom gaan ons van die standpunt uit om perde in die SA Riding Horse klasse by hierdie klasse te hou en gevolglik die ander rasse by hulle eie klasse. 

 

Vir u gerief word die inskrywingsvorm en program aangeheg.  Dit is belangrik dat u die onderneming by die inskrywingsvorm ook moet onderteken. 

 

Ook wil ons van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê aan alle perde- vertoners/liefhebbers wat ons skou met ‘n positiewe gesindheid begroet en gehelp het met reëlings en voorstelle.  

 

Enige navrae word met graagte beantwoord en word u uitgenooi om met enige van genoemde persone in verbinding te tree indien daar enige onsekerheid sou bestaan.

 

Vriendelike Groete

 

 

 

 

____________________ 

  HEINIE NIEUWOUDT

  Koördineerder Perde

 

 

 

                

 

 

 

 

 

 



Clanwilliam Skou 2014

 

VRYDAG

 

1.      8:00     Kampioen Merrie vul o/12maande (V)

2.      8:10     Kampioen Hings vul o/12maande (V)

3.      8:20     Jnr. Kampioen Merries Hand (V)

4.      8:30     Jnr. Kampioen Hings Hand (V)

5.      8:40     Snr. Kampioen Merries Hand (V)

6.      8:50     Snr. Kampioen Hings Hand (V)

7.      9:00     Kampioen Merries Hand (B)

8.      9:10     Kampioen Hings Hand (B)

9.      9:20     Kampioen Merries Hand (S)

10.  9:30     Kampioen Hings Hand (S)

11.  9:40     Enkeltuig o/5jr. Merries (TP)

12.  9:50     3-gang Ryperd o/5jr. (S)

13.  10:00   Mooiste geboude perd Hand (Ope)

14.  10:10   Siertuig H/R bo/5jr. (TP)

15.  10:20   3-gang o/5jr (B)

16.  10:30   3-gang o/5jr (S)

17.  10:40   Enkeltuig o/5jr H/R (TP)

18.  10:50   3-Gang Ryperd (SAR)

19.  11:00   Siertuig o/5jr. (B)

20.  11:10   Siertuig Merrie bo/5jr. (TP)

21.  11:20   3-Gang bo 5jr. (B)

22.  11:30   Dubbeltuig o/5jr Merries (TP)

23.  11:40   3-Gang Plesierperd (SAR)

24.  11:50   Beste stap/draf o/10jr. (SAR)

25.  12:00   Enkeltuig o/5jr. (S)

26.  12:10   Dubbeltuig Merries bo/5jr. (TP)

27.  12:20   3-Gang dames ruiteter bo 18 (SAR)

28.  12:30   Siertuig o/5jr. (S)

29.  12:40   Siertuig o/5jr. H/R (TP)

30.  12:50   Enkeltuig o/5jr. (B)

13:00   MIDDAGETE


31.  14:00   Enkeltuig H/R bo/5jr. (TP)

32.  14:10   5-Gang (S)

33.  14:20   3-Gang mans ruiter bo 18 (SAR)

34.  14:30   Dubbeltuig H/R o/5jr. (TP)

35.  14:40   Beste Kinderruiter o/14jr (SAR)

36.  14:50   5-Gang (B)

37.  15:00   5-Gang Plesierperd (S)

38.  15:10   Dubbeltuig H/R bo/5jr (TP)

39.  15:20   Siertuig Gedryf deur kind o/18jr (SAR)

40.  15:30   5-Gang Plesierperd (B)

41.  15:40   Siertuig Merries o/5jr (TP)

42.  15:50   Enkeltuig bo 5jr. (B)

43.  16:00   Siertuig o/5jr. (S)

44.  16:10   Snr. 4-span Merries (TP)

45.  16:20   Siertuig bo 5jr. (B)

46.  16:30   Kampioen 3-Gang ryperd o/18jr. (B)

47.  16:40   Kampioen 3-Gang o/18jr. (S)

48.  16:50   Kampioen 3-Gang gery deur kind o/18jr. (TP)

49.  17:00   3-Gang Amateur (S)

50.  17:10   Beste Ruiter o/18jr. (SAR)

51.  17:20   Siertuig gedryf deur kind o/18jr. (TP)

52.  17:30   Dames Siertuig (Ope)

53.  17:40   Jnr. Kampioen Enkeltuig  H/M/R (TP)

54.  17:50   Kampioen 3-Gang Ryperd o/18jr. (SAR)

55.  18:00   Kampioen 3-Gang Parkhorse (S/B)

56.  18:10   Dames Siertuig (TP)

57.  18:20   Gymkana         

SATERDAG

 

58.   8:00   Jnr. Kampioen Dubbeltuig o/5jr. H/M/R (TP)

59.    8:10   Kampioen Mans/Dames Ruiter bo 18jr. (SAR)

60.    8:20   5-Gang Kampioen Kinder ryperd (Ope)

61.    8:30   3-Gang Plesierperd gery deur kind o/18jr. (SAR)

62.    8:40   Snr. Kampioen Tandem H/M/R (TP)

63.    8:50   Kampioen Ruiter o/10jr (SAR)

64.    9:00   Ruiter o/10jr. (S/B)

65.    9:10   Kampioen 3-Gang Plesierperd (SAR)

66.    9:20   Jnr. Kampioen Siertuig H/M/R (TP)

67.    9:30   Kampioen Siertuig (S)

68.    9:40   Kampioen 3-Gang Plesierperd (B)

69.    9:50   Kampioen 3-Gang Plesierperd (S)

70.    10:00  Dames Dubbeltuig (TP)

71.    10:10  Kampioen Enkeltuig (S)

72.    10:20  Kampioen Siertuig (B)

73.    10:30  Jnr. Kampioen Tandem H/M/R (TP)

74.    10:40  Beste Stapper (Ope)

75.    10:50  Kampioen Enkeltuig (B)

76.    11:00  Beste Dames/Mans ruiter bo 18jr (Ope)

77.    11:10  Groot Kampioen 4-span H/M/R (TP)

78.    11:20  Kampioen Ruiter o/18jr. (S)

79.    11:30  Kampioen Ruiter o/18jr. (B)

80.    11:40  Kampioen Ruiter o/14jr. (SAR)

81.    11:50  Klawer & Randam Vertoning (TP)

82.    12:00  Leiriemklas (Ope)

83.    12:10  Fancy Dress (Ope)

84.    12:20  Snr. Kampioen Siertuig H/M/R (TP)

12:30  MIDDAGETE


85.    14:00  Jnr. Groot Kampioen Enkeltuig H/M/R (TP)

86.    14:10  Kampioen Ruiter o/18jr. (SAR)

87.    14:20  Beste Plaas Ryperd (Ope)

88.    14:30  Snr. Groot Kampioen Enkeltuig H/M/R (TP)

89.    14:40  3-Gang Kampioen kinder ryperd o/14jr. (B)

90.    14:50  3-Gang Kampioen kinder ryperd o/18jr. (TP)

91.    15:00  Beste Drawwer (Ope)

92.    15:10  3-Gang Kampioen Ryperd gery deur kind
           o/18jr. (SAR)

93.    15:20  Snr. Kampioen Dubbeltuig H/M/R (TP)

94.    15:30  3-Gang Kampioen (B)

95.    15:40  3-Gang Kampioen (S)

96.    15:50  3-Gang Kampioen (TP)

97.    16:00  5-Gang Kampioen (B)

98.    16:10  5-Gang Kampioen (S)

99.    16:20  Agt Span Wa (TP)

 

 

 

TP = Trek Perd

V = Vlaam

S = Saalperd

B = Boerperd

Ope = Kruis/ enige ras

SAR = Sa Riding Horse (Kruis Rasse)

No comments:

Post a Comment