SKOU REELS


SKOUREëLS VAN DIE S A VLAAMPERD

2015

 

INHOUDSOPGAWE

 

 

1.         ALGEMENE VOORKOMS ……………………………………………    1    

2.         ALGEMENE FOUTE   …………………………………………………    1

3.         BEWEGING VAN DIE VLAAMPERD    

             Stap                             …………………………………………………    2

             Draf                              ………………………………………………...    2

             Galop                           ………………………………………………...    2

4.         KLASSE

             (a) Teelklasse             …………………………………………………    2

             (b) Tuigklasse            …………………………………………………    2

             (1) Kar                         …………………………………………………    2

            (2) Tuig                       …………………………………………………    3

            (3) Toom                     …………………………………………………    3

5.         BEOORDELING VAN TUIGKLASSE

            (a)  Enkeltuig               …………………………………………………    3

            (b)  Siertuig                  …………………………………………………    3

            (c)  Siertuig 18 Jaar en Onder  ………………………………………    4

            (d)  Dames Siertuig     …………………………………………………    4

            (e)  Tandem                  …………………………………………………    4

            (f)   Dubbeltuig             …………………………………………………    4

            (g)   Koetsperde           …………………………………………………    5   

            (h)  Vierspan                ………………………………………………….    5

           (i)  Agtspan                  ………………………………………………….    5

6.         DRIEGANG RYPERD

          (1)  Stap                        ………………………………………………….    6

          (2)  Draf                         …………………………………………………     6

          (3)  Galop                      …………………………………………………     6

          (4)  Saal                         …………………………………………………     6

          (5)  Toom                      ………………………………………………….    6

          (6)  Ryperdkleredrag

                (1)  Saddle Seat Drag   …………………………………………….     7

                (1)  Standard Seat Drag   ………………………………………….     7

7.         ONTOELAATBAAR               ………………………………………….     7

8.         KLEREDRAG                       

          (a)  KLEREDRAG VIR DRYF KLASSE OP SKOUBAAN  …………     7

          (b) ASSISTENTE (HELPERS) KLEREDRAG OP SKOUBAAN   …..    

9.       ALGEMENE SKOUREëLS    …………………………………………..     8

10.     SKOUKLASSE                      …………………………………………..     9

 

 

 

 

 

(1)

 

HANDPERD, TUIGPERD EN RYPERD

 

 

1. ALGEMENE VOORKOMS

 

Dit help vorm aan daardie belangrike blywende eerste indrukke in die arena.               Semetries afgerond en swierig.

Been skoon en vas, aanduiding van n sterk skelet, senings opvallend.

Blink haarkleed en fyn vel. Algehele afwesigheid van lompheid.

Trots en vurig.

Perd moet skoon en netjies wees.

Ore moet skoon gemaak wees van oortollige hare. (Olie en glans middel opsioneel.)

Hare onder kakebeen moet skoon geskeer wees.

Maanhare kort gesny of kam geskeer.         

Stert moet lank en van goeie kwaliteit wees

- Mag nie gelyk geknip wees nie.

- Glans middel mag gebruik word.

Hoewe moet gesond wees.

Hoewe moet netjies beslaan wees.

Leersole (pads) mag gebruik word.

Hoewe moet swart wees, verkieslik gepolitoer; en witmerke aan voete en voor die kop moet verbloem word voor dit die skouterrein betree.

Wit merke aan voete en hoewe moet verbloem word vir eenvormigheid.

Ongewensde gedrag van die perd en vertoner op die baan sal nie toelaatbaar wees nie.

 

 

2. ALGEMENE FOUTE

 

            Perd dek nie grond nie.

            Perd konsentreer nie.

            Perd wat gespanne is se treë word kort en onreëlmatig.

            Perd wat sy kop skeef dra.

            Perd se kop profiel te ver voor of agter die vertikaal.

Perd wat nie kop hoog genoeg dra nie.

            Perde mag nie op ‘n draai beoordeel  word nie. 

Foutiewe inspan praktyk.

            Enkelas karre wat nie in balans is nie.

            Vuil wielnawe.

            Ongebalanseerde horrelwiel

 

 

 

 

(2)

3.   BEWEGING VAN DIE VLAAMPERD

Stap:

            Elasties, vinnig en ewewigtig.

   Platvoet of Jog-stap

            Net koetsperde moet platvoet stap.

 

Draf:

Lig op die grond met hoë rol aksie voor, met goeie spoed en ‘n goeie verhouding tussen voor en agter aksie.

            Agterbene moet goed onder die lyf inwerk en gewig van die voorkwart     weg neem.

 

Galop

            Gemaklik en beheerbare galop by ryperde.

            Perd moet in die galop met die regte been lei.(Binnebeen aan die baan se kant)

            Perd moet nie styl verloor nie.

 

 

4.   KLASSE

 

 

   (a)  TEELKLASSE

         1.   Teelklasse sal beoordeel word volgens rasstandaarde

         2.   In dieTeelklasse moet daar baie streng gekyk word na diere se bouvorm.    Beweging kan  aan gewerk word, maar bouvorm nie.

         3.   Slegs een leier en een helper per perd sal toegelaat word.

4.   Geen swepe of peitse sal toegelaat word nie.

         5.   Slegs peits met ‘n tossel is toelaatbaar.

         6.   Vullens onder 12 maande word met n fyn leihalter vertoon sonder trens of   stang.

         7.   Alle perde bo 12 maande word met n fyn leitoom met n trens of stang,         waarmee die perd beheer kan word en gemaklik is, vertoon.

         8.   ‘n Leiset mag gebruik word vir perde bo 12 maande.

         9.   Teelklasse sal in ouderdoms- en geslagsgroepe vertoon word.

 

 

(b)  TUIGKLASS

  KAR EN TUIG

 

         1.Kar:

 

              Die volgende tipe rytuie mag gebruik word:       

         1.  Vierwiel spider met ligte rubber bande.

         2.  Ligte moderne vierwiel spider met fiets bande soos bv. “aasvoel”.                  

         3.  Tradisioneel antieke karre en “spiders” of replikas daarvan.

         4.  Alle karre moet in goeie toestand en skoon wees.

         5   Wiele moet gebalanseerd wees.

 

 

 

(3)

         2.   Tuig:

 

         1.   Tuie moet skoon en netjies wees.

         2.   Tuie moet die perd goed pas.

         3.   Slegs leer tuie mag gebruik word.

 

                        3. Toom:

 

         1.   Dit moet so gestel word sodat dit stewig aan die perd se kop pas.

         2.   As dit te styf gestel is, trek dit die stang te hoog op.

         3.   As dit te los gestel is, trek die wangstukke bak as die leisels getrek word.

         4.  Trense, stange en skelmtrense waarmee die perd gemaklik is, is toelaatbaar.

                                                .

 5.   BEOORDELING VAN TUIGKLASSE

 (a)  ENKELTUIG

1.   Die vertoners kom die baan binne op ‘n pronkdraf.   Daar word gevra om  die perde te vertoon, m.a.w. die perd moet met spoed en styl vertoon word.  Maak asseblief seker van die teken wat julle die kommentator moet gee vir hierdie vertoning.

                  Maak seker die vertoners ry enkeltuig en nie siertuig nie, en siertuig klas   moet siertuig gery word en nie enkeltuig nie.

          2.   S A Vlaamperd trek met vlugvoetigheid en met hoë spoed sonder om styl te    verloor.

          3.   Hoe rol aksie voor, agterbene wat goed onder die lyf inwerk.

          4.   Standaard enkeltuig met ophaler  en springteuel (running martingale) en stertriem of  volbroek tuig.

       5.   Ophaler en Afhaler “standing matingale” mag nie saam gebruik word nie,     net afsonderlik.

          6.   Koetsier moet ‘n peits in die hand of in die peitskoker hê.

          7.   Geen assistent op die kar.

          8.   Dames mag in ope klas hingste dryf.

 

(b)  SIERTUIG

       1.  Die Vlaamperd trek met swier en styl in die siertuig.

       2.  Hoë been aksie voor en agter met agterbene wat goed vorentoe dryf.

       3.  Spoed mag nie te vinnig wees nie.

          4.  Standaard enkeltuig met ophaler  en springteuel (running martingale) en stertriem of volbroek tuig.

          5.  Ophaler en Afhaler “standing matingale” mag nie saam gebruik word nie, net afsonderlik.

          6.  Koetsier moet ‘n peits in die hand of in die peitskoker hê.

          7.  Geen assistent op die kar.

          8.  Dames mag in ope klas hingste dryf.

 

 

(4)

 

         (c)  SIERTUIG 18 JAAR EN ONDER

          1.   Reëls dieselfde soos by ope siertuig en Dames siertuig.

          2.   Geen hingste.

          3.   Perde, moenie onbeheerbaar wees vir ‘n kind nie.

 

 

         (d) DAMES SIERTUIG

          1. Slegs merries en reunperde mag gedryf word.

          2. Die perd moet soos die woord beskryf, ‘n dames siertuigperd, maklik   beheerbaar en gedissiplineerd wees sonder om enige styl in te boet.

          3. Dames moet verkieslik geklee wees in netjiese, semi-formele drag.

              Vlaamdrag is ook toelaatbaar.

             4. Handskoene is opsioneel.

          5. Na 6nm mag aandrag aangetrek word

 

 

   (e) DAMES DUBBELTUIG EN  KINDERS 18 JAAR EN ONDER

          1. Reëls dieselfde soos by ope dubbeltuig.

          2. Moet ‘n manlike koetsier as helper op die kar hê. (Agtien jaar en ouer)

          3. Hingste mag gedryf word.

          4. Helper mag slegs hulp verleen ingeval van nood, as die helper die koetsier moet help met die perde is dit ‘n diskwalifikasie, omdat die koetsier nie bevoeg is om die perde te dryf nie.

 

 

          (f)    TANDEM

            1.   Perde moet ‘n span vorm.

            2.   Voorperd moet ‘n leier wees.

            3.   Aksie dieselfde soos by siertuig.

      4.   Assistent mag agter koetsier sit, as assistant hulp verleen is dit ‘n diskwalifikasie.                

 

 

(g)DUBBELTUIG

            1.   Perde moet ‘n eenheid vorm.

            2.   Perde se spoed en aksie moet dieselfde wees.

            3.   Koppe moet dieselfde hoogte gedra word.

   4.   Koppe moet vertikaal gedra word.

            5.   Een perd moet nie voor die ander perd trek nie.

            6.   Beide perde se stringe moet styf bly.

            7.   Ophalers en afhalers mag gebruik word.

  8.   Standaard dubbeltuig word gebruik.

 9.   Slegs persone bo 70jr, mag een helper op kar hê, mag nie hulp verleen nie,

dan is dit ‘n diskwalifikasie.

           10.  Karperde trek met styl en aksie, dit is nie ‘n resies nie.

 

 

(5)

 

(h)   KOETSPERDE

            1.    Slegs koetsier op die kar.

            2.    Koetsperde moet statig en nie te vinnig trek nie.

            3.    Koetsperde moet kan platvoet stap.

            4     Geen hulpmiddels mag gebruik word nie.

            5.    Slegs standaard dubbeltuig mag gebruik word.

 

          (i)VIERSPAN

           1.   Vier perde moet ook ‘n eenheid vorm.

           2.    Spoed en aksie moet dieselfde wees.

           3.    Voorperde moet goed kan lei.

           4.    Ophalers of afhalers.is toelaatbaar.

           5.    Koppe moet vertikaal gedra word.

           6.    Slegs koetsier, drywer en assisent op kar.

           7.    Een junior perd mag in vierspan trek, sonder om sy junior status te verloor.

           8.   Merries trek apart, hingste en reunperde mag gemeng word.

 

(j)AGTSPAN

           1.    Spanne moet ‘n eenheid vorm.

           2.    Merries apart, hingste en reunperde mag gemeng word.

           3.    Junior en Senior Perde mag gemeng word in Senior Agspanne.

           4.    Junior Agspanne slegs Junior Perde.

 

6.        DRIEGANG RYPERD

           Perd moet al drie gange gemaklik kan doen.

 

 1)     Stap

                    Stap kan platvoet of drafstap (jog) wees.

 

 2)     Draf         

Draf selfde soos by siertuig perde, styl en aksie.

 

3)    Galop

a.  Gemaklik en beheerbare galop.

b.  Perd moet in die galop met die regte been lei.  (Binnebeen aan baan se kant)

c.  Perd moet nie styl verloor nie.     

 

            4)    Saal

a.  Gewone dubbel doel saals of plat saalperd saals.

b.  Geen cowboy saals, millitere saals of soortgelyke saals sal toegelaat   word nie.

 

            5)   Toom:

                   Standaard enkel of dubbel toom met stange en trense waarmee perd gemaklik is.

 

 

(6)

            6)    Ryperdkleredrag:

1.    Saddle Seat Drag:  (Kentucky Rydrag)

                   Swart hoed, wit hemp, vlaam das, lang maroen baadjie, swart broek en       swart skoene,  Kouse mag nie uitsteek nie. Onderbaadjie opsioneel.

2.   Standard Seat Drag:  (Engelse Rydrag)

      Swart hoed, Helmet of Top hat, wit hemp, vlaam das, kort maroen baadjie, swart broek en lang swart boots, tot onder die knie.

 

7.     ONTOELAATBAAR

        a)   Enige vorm van dwelms (dope). Slegs met voorskrif van die veearts.

Bloedtoetse mag gedoen word.

        b)   Gemmer mag nie gebruik word nie.

        c)   Spyker planke.

d)   Vals leisels.

e)   Geen lang maanhare.

        f)   Geen SA Vlaamperd eienaars op baan tydens beoordeling nie, slegs die wat deelneem.

        g)   Perde in baan wat skop?   Perde in tuig- en ryklasse wat skop onder beoordeling sal gediskwalifiseer word.

              h)   Skop in Handklasse, is nie ‘n diskriminasie, maar hand uitruk in handklasse is ‘n diskwalifikasie.

                           i)   As ‘n ruiter afval van karretjie of perd se rug is  dit ‘n diskwalifikasie.

 j)   Perde wat weghardloop in ry- en tuigklasse is ‘n diskwalifikasie.

  k)  ‘n Beoordeelaar mag nie diskrimineer teen toelaatbare  hulpmiddels nie.  Ontoelaatbare hulpmiddels is ‘n onmiddelike diskwalifikasie.

8.      KLEREDRAG

        (a) KLEREDRAG   VIR  DRYF  KLASSE OP SKOUBAAN

           1.  Maroen vlaamperd baadjie, lank of kort, met SA Vlaam wapen.

                Indien u ‘n Maroen “blazer”baadjie soek, by die klerewinkel “De Jagers” is.

           2.  Geen “windbrekers”.

           3.  Wit hemp, vlaam das.

           4.  Gewone stylvolle netjiese langbroek in konserwatiewe kleure.

           5.  Geen denims nie.

           6.  Bypassende skoene, geen tekkies.

           7.  Ryperd kleredrag soos bespreek by skoureel driegang ryperd.

           8.  Wa-spanne mag sonder baadjies gedryf word, met toestemming.

           9.  Toepaslike hoof bedekkings moet gedra word by mans en dames.

          10. Geen laphoed of vlaamperdpet sal op ‘n rytuig of ‘n ryperd toegelaat word nie.  Vlaamperd pette is slegs vir helpers.

                            11. Baadjies: 

 Indien die meerderheid van die Raadslede besluit om sonder baadjies te ry sal dit as ‘n skoureël hanteer word, en  by die versamelring afgekondig word.     Dit sal die  eienaar van die Perde se verantwoordelikheid wees om toe te sien dat sy of haar vertoners reg geklee is. 

 

(7)

 

(b) ASSISTENTE HELPERS KLEREDRAG OP SKOUBAAN

 

          1.  Wit hemp.

          2.   Vlaam das.

          3.   Vlaam pet.

          4.   Vaal broek (soos skoolbroek).

5.   Donker skoene of donker tekkies.

 6.  In koue toestande mag assistente maroen windbrekers aantrek , maroen truie of maroen “pull overs”.

 

9.     ALGEMENE SKOUREëLS

1.      Alle Perde by skoue moet gemikroskyf wees, Perde onder twee en half jaar sal met  Vulboek sertifikaat skou, m.a.w. ongekeur;  Perde bo twee en half jaar moet ‘n sertifkaat besit of gekeur wees of toestemming van die kantoor .

2.      Perde is onder beoordeling sodra hy die baan binne kom.

3.      Bloedreël:   As daar vars bloed aan ‘n perd gesien word, tydens die klas is dit ‘n diskwalifikasie.   Indien die bloed eers in aantreelyn gesien word, word die perd nog steeds geplaas,  maar sal net nie die pronkronde ry nie. 

4.      Ongewenste metodes, gebruike of gedrag is ontoelaatbaar en is ‘n diskwalifikasie.

5.      Boete mag nie betaal word om in kampioenskap deelteneem nie.

6.      Alle perde moet kwalifiseer vir spesifike kampioenskap as daar kwalifiserende klasse is.

7.      Onder 3jr perde mag nie onder 5jr skou as daar ‘n onder 3jr klas is nie.

8.      Junior perde mag slegs aan senior kampioenskap deelneem, as hy in die senior klas kwalifiseer het, maar verloor dan sy junior status.

·         Indien daar nie ‘n junior kampioenskap is nie, mag hy aan die senior kampioenskap deelneem sonder om sy junior status te verloor.

·         Junior perde sal in senior tandem en senior dubbeltuig toegelaat word, maar verloor dan sy junior status, die res van daardie  skou .

·         Indien ‘n Junior perd in Senior Klasse geskou word, verloor hy sy Junior status vir daardie skou, maar sal weer dit terug kry vir die volgende skoue.   Behalwe soos by die Vierspan in skoureëls.   Junior perde mag in agspanne trek, sonder om Junior status te verloor.

 9.  Junior is 4jr en onder 5jr.

                  10.  Senior perde is 5 jaar en oor

                  11. ‘n Perd wat in die begin van ‘n maand verjaar sal vir daardie spesifike maand skou asof hy nog nie verjaar het nie.

 

 

 

 

 

 

 

(8)

 12.  Op nasionale kampioenskappe skou merries en hingste apart, maar kompeteer saam vir die groot kampioen van die skou.  Groot Kampioen is vir enige geslag en ouderdom.

13. Streekskoue sal op meriete gehanteer word afhangend van die aantal perde verteenwoordig.

14. Enige plek waar Vlaamperde, as ‘n Vlaamperd  vertoon word, sal dit onder die  reëls van die Genootskap wees, geen uitsondering vir kleiner skoue.   Vergunning kan slegs deur meerderheids besluit van Raadslede goedgekeur word.

15. Koetsiers moet daarop let dat helpers nie op karre klim, voordat die baanverlaat is nie.

16. Koetsiers mag nie omruil vir die pronkronde nie.  Slegs Eregas mag saam ry vir pronkronde.

17. By alle skoue kom die perde die baan binne teen die horlosie, kom haal sy prys teen horlosie en draai dan om en ry sy pronkronde saam met die horlosie uit.

  18. Hoeflengte  13cm, vanaf die haarlyn tot onderpunt van yster.

  19. Ystertrap:

·         In 4 en 8 spanne sal nie ‘n diskwalifikasie of ‘n diskriminasie wees nie.

·         Indien ‘n perd ‘n yster in ‘n ander klas trap, maar dit word eers in die aantreelyn gesien, sal hy soos normal geplaas word, maar sal nie die pronkronde ry nie.

·         Indien, hy wel ingetrek word in die klas sal hy nog steeds aan Kampioenskap mag deelneem sonder om weer inskrywings geld of boete te betaal

 

Skoureëls veranderings  2013

                    Kinderklasse:   15jr en onder Geen Hingste net Merries en  Reuns.                

15jr en oor mag Hingste, Merries en Reuns vertoon.

Dames mag Hingste dryf en ry.

 

 

GEEN HINGSTE IN KINDER-   EN  DAMESKLASSE NIE. 

Dames en Kinders Mag wel, in ander  klasse Hingste ry.

         4-Span:                           Kan gemeng wees (Hings, Merrie, Reuns + 1 Jnr mag gebruik word sonder om sy Junior Status te verloor.)  Indien die  Spanne gemeng is, sal hulle saam met Hings/Reun klasse kompeteer.    ( Spanne wat uit Merries alleen bestaan, sal in die Merrie

                        Klasse deelneem.

        8-Span:                    Kan Gemeng wees (Hings, Merrie, Reuns, en Juniors)

indien  spanne  gemeng is, sal hulle  saam in die Hings

Reun Klasse kompeteer.

( Spanne wat uit Merries alleen bestaan sal in die  

Merrie Klasse deelneem.)

 

 

 

 

 

(9)

10.   SKOUKLASSE

 Die volgende  klasse word op kampioenskapskoue aangebied:

1. HANDKLASSE

    Hingste of reuns

SA Vlaam Hingsvul onder 12mnde.

    SA Vlaam Hings 1jr en onder 2jr

    SA Vlaam Hings 2jr en onder 3jr

   SA Vlaan Hings 3jr en onder 5jr

    SA Vlaam Hings (Jnr Kamp. & Res.)

SA Vlaam Hings 5jr. en oor (Snr. Kamp. & Res.)

SA Vlaam Merrievul onder 12mnde.

    SA Vlaam Merrie 1jr en onder 2 jr.

    SA Vlaam Merrie 2jr en onder 3jr

SA Vlaam Merrie 3jr en onder 5jr.

SA Vlaam Merrie (Jnr. Kamp. & Res.)

SA Vlaam Merrie 5jr en oor (Snr Kamp & Res.)

 

2. SIERTUIG

SA Vlaam Siertuig onder 3jr H/M/R

    SA Vlaam Siertuig H/M/R 3jr/onder 5jr

    SA Vlaam Siertuig H/M/R (Jnr en Res Kamp)

    SA Vlaam Siertuig H/R  Snr

    SA Vlaam Siertuig Merrie  Snr

    SA Vlaam Siertuig Merries (Kamp & Res.)

   SA Vlaam Groot Kampioen Siertuig H/R/M

    SA Vlaam Siertuig gedryf deur kind 18jr en onder - geen hingste

    SA Vlaam Dames Siertuig  -  Geen Hingste

 

3. ENKELTUIG

SA Vlaam Enkeltuig onder 3jr H/M/R

    SA Vlaam Enkeltuig H/M/R 3jr onder 5jr

    SA Vlaam Enkeltuig H/M/R (Jnr en Res Kamp)

    SA Vlaam Enkeltuig H/R Snr

    SA Vlaam Enkeltuig Merrie Snr

    SA Vlaam Enkeltuig Merries (Kamp & Res.)

    SA Vlaam Groot Kampioen Enkeltuig H/R/M

 

3. DUBBELTUIG

SA Vlaam Paar  Koetsperde

SA Vlaam Dubbeltuig Merries bo 15 Hand

    SA Vlaam Dubbeltuig Merries tot 15 hand

    SA Vlaam Dubbeltuig Merries (Kamp & Res.)

    SA Vlaam Dubbeltuig H/R tot 15 hand

    SA Vlaam Dubbeltuig H/R bo 15 hand

    SA Vlaam Groot Kampioen Dubbeltuig H/R/M

    SA Vlaam Dubbeltuig H/M/R onder 3 jr

    SA Vlaam Dubbeltuig H/M/R 3jr/onder 5jr

SA Vlaam Dubbeltuig  (Jnr. Kamp & Res)

    SA Vlaam Dubbeltuig Dames .

    SA Vlaam Dubbeltuig Merries eie aanteel  

4. VIERSPAN

   SA Vlaam Vierspan H/M/R  (Jnr Kamp. & Res.)

   SA Vlaam vierspan Merries Snr

   SA Vlaam Vierspand Merries (Kamp. & Res.)

   SA Vlaam H/R vierspan  Snr

SA Vlaam Vierspan   H/R/M ( Goot Kamp. & Res.)

 

5.  TANDEM

 

No comments:

Post a Comment